Sunday, September 21, 2008

Mbeki vat jou paai en waai


Say it with a sting.....

Sunday, September 21, 2008
Mbeki kan deur enige van dié drie vervang word


Lizel Steenkamp. Erna van Wyk


Kaapstad en Johannesburg

Pres. Thabo Mbeki kan deur mnr. Jacob Zuma, ANC-president, me. Baleka Mbete, speaker van die parlement, of mnr. Kgalema Motlanthe, adjunkpresident van die ANC, vervang word as waarnemende president.

Sou die regerende party besluit om Zuma nou al as staatshoof aan te stel, moet hy eers as ’n parlementslid ingehuldig word. Prof. Marinus Wiechers, oudhoogleraar in regte aan Unisa en grondwetkenner, sê dit sal glad nie vir die ANC moeilik wees om dit reg te kry nie.

Motlanthe is reeds in die parlement nadat hy in Mei tydens ’n sitting van die Nasionale Vergadering (NV) as parlementslid ingehuldig is. Sou Mbete aangewys word as president tot die algemene verkiesing volgende jaar plaasvind, sal sy moet bedank as lid van die NV.

Wiechers sê as Mbeki bedank, moet die adjunkpresident – me. Phumzile Mlambo-Ngcuka – as president waarneem. Sou Mlambo-Ngcuka ook bedank, kan Mbeki ingevolge die Grondwet self ’n waarnemende president aanwys. Dié persoon moet ’n kabinetslid wees. Indien Mbeki nie iemand aanwys nie, moet die ministers iemand uit eie geledere kies.

“Sou hulle weier om dit te doen – waarskynlik omdat hulle te bang is – moet die speaker (Mbete) as president waarneem,” sê Wiechers.

Die Grondwet bepaal die NV moet binne 30 dae nadat Mbeki sy pos ontruim het ’n nuwe president met ’n meerderheidstem aanwys. Só kan die ANC danksy sy twee-derde-meerderheid in die NV dan vir Mbete, Zuma of Motlanthe as staatshoof kies.

Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gister gesê Mbeki is nog die president totdat hy amptelik bedank. Dit is dus nie asof Suid-Afrika nou sonder ’n staatshoof sit nie.

Maar hoe, by wie en wanneer hy dié bedanking gaan indien, is nog nie duidelik nie. Die parlement, wat hom verkies het en tans in reses is, moet so gou moontlik byeengeroep word om die proses in werking te stel.

Die ANC het dit duidelik gemaak ’n vroeë verkiesing gaan nié uitgeroep word nie en dat die regering intussen ongestoord moet voortgaan om stabiliteit te verseker.

Mantashe het gesê die leierskorps van die ANC sal die ministers, premiers en LUR’e vra om in hul poste aan te bly.

Rapport

Kommentaar deur Sonny

Wat jy saai sal jy maai!
Posted by Sonny Cox at 12:38 PM 0 comments Links to this post
Labels: Mbeki totsiens.

Labels:

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home