Saturday, October 25, 2008

The agenda of a Wolf




Say it with a sting.....

18/10/2008 14:42 - (SA)
Appel val blykbaar nie ver van Cheeky-boom
Philip, Centurion:

Ek het my diensplig saam met Cheeky Watson gedoen.

Ek het Cheeky in dié twee jaar leer ken as ’n dominerende en ’n uitgesproke mens en ’n uitstekende atleet en rugbyspeler. Hy was die belhamel onder ons klomp en het soms die groep amper gedwing om teenstrydig met die dissiplinêre kode van die weermag op te tree.

Dit wil voorkom of Luke hierdie houding by sy pa aangeleer het.

Hy het egter nooit laat deurskemer dat hy ’n simpatiseerder met die destydse “onderdruktes” was nie. Inteendeel, hy was soos ons, die “Ons vir jou, Suid-Afrika”-tipe. Indien hy daardie tyd so sterk gevoel het jeens die destydse bestel, hoekom het hy nie soos ander beswaardes sy diensplig ontduik nie? Dit het vir my eerder gelyk of hy sy diensplig saam met ons geniet het.

Dalk is hy teleurgesteld dat hy nog nie ’n ANC-LP is nie of nog nie in die SA Rugbyraad se uitvoerende bestuur dien nie. Gevolglik het hy dalk sy seun “gebreinspoel” om sulke uitlatings te maak.

Ek het Cheeky vir die eerstse keer ná ons diensplig in Desember 2005 by die Green Acres-winkelsentrum in Port Elizabeth raakgeloop.

Ek het hom uitgevra oor Luke se verhuising van die Haaie na die Stormers. Sy antwoord was dat dit die beste ding is wat Luke gedoen het en dat hy gelukkig en beïndruk is met Gert Smal as persoon en afrigter.

Hoe rym dit met Luke se uitlatings van verlede week? Hy verlaat “The last outpost of the British Empire” om by ’n “Dutch-man”- afrigter in die Kaap aan te sluit en dan is hy nogal tevrede met hom.

My voorstel aan die Watsons is om uit die politiek te bly, dit lyk nie of hulle hul doelwitte daar gaan bereik nie.

RAPPORT

Labels:

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home