Thursday, April 15, 2010

‘Gekaapte’ vrou eintlik toe net vies vir haar man


Say it with a sting.....

2010-04-14 22:25

Artikelopsies Deel Kry Beeld op

Nicolize van der Walt

Klerksdorp. – Huismoles kan jou duur te staan kom, veral as jou voertuig met ’n sattellietopsporingseenheid toegerus is.

’n Egpaar van Pretoria het eergisteraand vroegaand stry gekry, waarna die vrou haar twee kleuters in hul Nissan Navara gelaai en die pad Klerksdorp toe gevat het.

Dis nog onseker presies hoe die boodskap dat sy gekaap is by Altech Netstar, e-Blockwatch en die polisie uitgekom het, maar binne oomblikke het die land geweet dat ’n ma en haar twee kleuters hulle iewers op die N12 “in die hande van kapers bevind”.

Selfs die grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek by Komatipoort in Mpumalanga is in kennis gestel van die “kaping”.

’n Cessna-vliegtuig van Rustenburg en ’n helikopter van Grand Central-lughawe by Midrand het die motor opgespoor en vanuit die lug gevolg.

Twee motors het op die grond ’n veilige afstand agter die “gekaapte” voertuig gehou.

Altesaam nege mense van Noordwes en Gauteng het aan die operasie deelgeneem.

Die vrou het eindelik by haar bestemming stilgehou en toe eers gehoor van die grootse “reddingspoging” wat letterlik bo haar kop en agter haar rug plaasgevind het.

Volgens die grondpersoneel was sy meer verbaas as geskok toe sy hoor hulle was heeltyd op haar spoor gewees.

“Die operasie kos ons nagenoeg R17 500,’’ het me. Shona Minards, woordvoerder van Altech Net-star, gesê.

Beeld

Kommentaar deur Sonny

Ons is bly dat Altech-Net-star nog waarde vir ons geld is.

Huismoles kan geld kos.

Labels:

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home